​5 maniere om die sitkamer en kombuis te kombineer

Johannes van Graan Johannes van Graan
Diseño Sala-Cocina/Comedor , Interiorismo con Propósito Interiorismo con Propósito Modern dining room
Loading admin actions …

Dit word al hoe meer en meer gewild om oopplan vertrekke te ontwerp, veral wanneer dit by kuierspasies soos kombuise, eetkamers en sitkamers kom. Nie dat afsonderlike vertrekke nou heeltemal iets van die verlede is nie, maar ‘n lieflike oopplan uitleg is mos net soveel meer prakties en sosiaal. 

Kom ons kyk na ‘n paar idees wat jou sal help om jou kombuis en sitkamer, wat as een groot vertrek ontwerp is, perfek kan laat saamwerk in terme van styl en ontwerp.

1. Kleure wat saamwerk

Kyk hoe die donkerbruine van die kombuis (en eetspasie) oorspoel na die sitkamer, wat die verskillende areas al klaar visueel verbind – so maklik!

2. Style wat saamstem

Hier sien ons hoe ‘n sitkamer en kombuis dieselfde ruimte geniet en heel gemaklik mekaar komplimenteer met kleure, selfs al is die kombuis se ontwerp bietjie meer prominent danksy daardie houtvloer/platform en plafon.

Maar kyk ook net hoe die sitkamer se moderne meubels saamstem met die kontemporêre gevoel van die kombuis, wat die saamsmelting aanhuts.

3. Dieselfde materiale in verskillende ontwerpe

Natuurlik wil jy nou nie hê dat jou sitkamer en kombuis té eenders lyk nie – mens moet mos nog steeds weet waar om te sit en waar om te kook/eet! Maar kyk gerus hoe hierdie voorbeeld gebruik maak van dieselfde materiale, net op verskillende maniere: die klipmuur van die sitkamer word perfek weerspieël in die kombuis, al verskil die ontwerp en kleur so effens.

4. So bietjie privaatheid

As jy nie wil hê jou gaste moet sien presies wat jy kook of bak in die kombuis nie, is ‘n half-muur ontwerp die antwoord. Loer na hierdie voorbeeld wat wys hoe die kombuis effens weggesteek word om die hoek, maar nog steeds ‘n lekker oopplan ontwerp saam met die sitkamer geniet.

5. Die argitektuur

Kyk bietjie na hierdie vertrek se kosyn – waar sien jy nog sulke donker hout te voorskyn kom? Presies: die kombuiskaste! En dit is juis die kosyn se ontwerp wat die kombuis se styl soveel verder laat strek en die vertrek langsaan (wat in hierdie geval die eetkamer is) ook aansteek. 

Kyk gerus na hierdie 11 praktiese idees vir jou kombuis se styl.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine