Om saam met vriende en/of familie iets op die kole te gooi en die vars lug en warm weer te geniet is definitief menigte Suid-Afrikaners se gunsteling manier om ‘n naweek te spandeer. En aangesien voorgenoemde warm weer net om die draai is, word daar klaar weer gedink aan geleenthede om die braaier af te stof.
Maar voor jy jou volgende spyskaart vir daardie agtererf of –tuin kuier beplan, wat van bietjie inspirasie vir jou braai area? Hierdie 10 ontwerpe kan jou dalk net oorreed om jou erf of tuin te omskep in die perfekte braaiplekkie.
Vir nóg inspirasie, kyk net na hierdie 30 idees vir jou pergola en ander tuin strukture.